1 Vir die koorleier. Ter herinnering. Van Asaf. 'n Psalm.
2 Ek roep na God om hulp,ek roep na God, want Hy sal my hoor.
3 In my nood soek ek hulp by die Here;ook in die nag bly my hande in gebed uitgestreksonder om moeg te word;maar ek vind geen troos nie.
4 Ek dink aan God en ek sug,ek dink na en ek is verslae. Sela
5 U laat my wakker lê,ontsteld en sprakeloos.
6 Ek dink aan vroeër dae,aan jare lank gelede.
7 As ek so in die nag lê en terugdinken peins, vra ek my af:
8 “Sal die Here vir altyd verstooten nooit weer genade betoon nie?
9 Het daar vir altyd 'n einde gekom aan sy trou?Geld sy beloftes dan glad nie meer nie?
10 Het God vergeet om medelye te hê?Het Hy in sy toornsy ontferming onttrek?” Sela
11 En ek sê:“My grootste smart is dat die Allerhoogste nie handel soos voorheen nie.”
12 Ek wil dink aan die dade van die Here,ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër.
13 Ek wil nadink oor al u werken oor al u dade peins.
14 Alles wat U doen, is heilig, o God.Waar is 'n god so groot soos God?
15 U is die God wat wonderdade doen;U het u mag onder die volke geopenbaar.
16 U het u volk deur u krag gered,die kinders van Jakob en Josef. Sela
17 Toe die waters U sien, o God,toe die waters U sien, het hulle gebewe,die diep waters het gesidder.
18 Die wolke het water uitgegiet,uit die donderwolke het dit gedreun,u weerligte het in alle rigtings geblits.
19 U donderslae het die lugruim gevul,weerligstrale het die wêreld verlig,die aarde het geskud en gebewe.
20 U het deur die see gekom,u weg deur magtige waters gebaan.Niemand het u spoor gesien nie.
21 U het u volk soos 'n kudde geleideur die hand van Moses en Aäron.