1 Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig, na aanleiding daarvan dat hy vir Saul in die grot in gevlug het.
2 Wees my genadig, o God! Wees my genadig,want by U soek ek skuiling.Onder u vleuels sal ek skuiltot die bedreiging verby is.
3 Ek roep na God, die Allerhoogste,na God wat my sal help.
4 Hy sal uit die hemel antwoord en my red,Hy sal dié wat my jaag, die stryd laat verloor. SelaGod sal antwoord in sy liefde en trou.
5 Ek is hier tussen leeus,tussen mense wat my wil verskeur.Hulle tande is spiese en pyle,hulle tonge is skerp swaarde.
6 Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,u mag hoog bo die aarde.
7 Hulle het 'n strik vir my voete gespan,hulle wou my breek,hulle het 'n gat vir my gegrawe,maar self daarin geval. Sela
8 Ek voel weer veilig, o God!Ek voel weer veilig!Ek wil 'n lied sing, ja, ek wil sing.
9 Ek wil vroeg opstaan,met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak!
10 Onder die volke wil ek U loof, Here,onder die nasies u lof besing,
11 want u liefde reik tot in die hemel,u trou tot in die wolke!
12 Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,hoog bo die aarde u mag.