1 Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied.
2 As God verskyn, spat sy vyande uitmekaar,en dié wat Hom haat, vlug vir Hom.
3 Soos rook wegwaai, so dryf U hulle weg;soos was in vuur smelt,so gaan die goddeloses tot niet as God verskyn.
4 Maar vir die regverdiges sal daar blydskap wees,hulle sal juig voor God,hulle sal vrolik en bly wees.
5 Sing 'n lied tot eer van God,sing tot eer van sy Naam,maak 'n pad vir Hom wat op die wolke ry,en jubel voor Hom wie se Naam Here is.
6 'n Vader vir weeskindersen 'n beskermer van die reg van weduweesis God in sy heilige woning.
7 God laat eensames in 'n huisgesin woonen lei gevangenes uit na vryheid,maar wie teen God in opstand is,woon in 'n kaal woestyn.
8 Toe U u volk uitgelei het, o God,toe U deur die woestyn gestap het, Sela
9 het die aarde gebeween het die hemel dit laat reën voor U uit,daar by Sinai, voor God, die God van Israel.
10 U het oorvloedige reëns laat uitsak, o God,U het u verdorde land weer lewe gegee.
11 U eie volk het daar gaan woon.In u goedheid, o God, het U dit vir u hulpelose volk bestem.
12 Die Here het bekend gemaak:“Daar is goeie nuus:'n groot leër,
13-14 magtige konings, het gevlug,hulle het gevlug.”Terwyl die manskappe nog tussen die saalsakke gelê en rus het,was die vroue tuis al besig om die buit te verdeel:beeldjies van duiwe waarvan die vlerke oorgetrek is met silweren die vlerkpunte met glinsterende goud.
15 Dit het gesneeu op Salmonsbergtoe die Almagtige die konings daar uitmekaargejaag het.
16 Basansberg, ontsaglike berg,Basansberg, berg met hoë kruine,
17 waarom, berg met jou hoë kruine,kyk jy met afgunsna die berg wat God as sy woning verkies het,waar die Here vir ewig woon?
18 Die skitterende strydwaens van God was duisende,duisende der duisende,toe die Here van Sinai af die heiligdom betree het.
19 U het krygsgevangenes weggevoer,mense het vir U geskenke gebring,selfs dié wat teen U in opstand was.Toe het U opgegaan na die hoogteom daar te woon, Here God!
20 Geloof sy die Here!Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela
21 God is vir ons die God wat ons red,die Here ons God deur wie ons bewaar word in doodsgevaar.
22 God verpletter die kop van sy vyande,die kop van dié wat in hulle sonde volhard.
23 Die Here het gesê:“Uit Basan bring Ek my vyande,Ek bring hulle uit die dieptes van die see.
24 Julle sal hulle bloed van julle voete afwas,die honde sal die bloed van julle vyande oplek.”
25 Die mense sien u feesoptog, o God,die feesoptog van my God,my Koning, na sy heiligdom:
26 vooraan die sangers,agteraan diéwat snaarinstrumente speel,en tussenin, meisies wat tamboeryne slaan.
27 Hulle loof God in kore,die nasate van Israel loof die Here.
28 Dáár is Benjamin, die jongste, hulle aanvoerder,dáár is die baie leiers van Juda,dié van Sebulon, dié van Naftali!
29 Toon die mag, o God, waarmee U ons gered het,toon u mag, o God,
30 hier uit u tempel in Jerusalemwaar konings aan U geskenke bring.
31 Tree op teen Egipte, daardie ondier tussen die riete,die magtige volk, die sterkste onder die volke,wat ander vertrap vir geld,wat volke uitmekaarjaag en hou van oorlog maak.
32 Uit daardie selfde Egipte sal geskenke kom,en die Kussiete sal hulle hande smekend na God toe uitsteek.
33 Koninkryke van die aarde,hef 'n lied aan tot eer van God,sing tot eer van die Here, Sela
34 tot eer van Hom wat ry deur die hemele,die hemele wat van die begin af daar is!Hy laat sy stem, sy magtige stem, weerklink!
35 Erken dat God magtig is!Hy heers oor Israel,Hy het mag oor die wolke!
36 God wek ontsag wanneer Hy uit sy heiligdom kom.Hy is die God van Israel,Hy gee krag en sterkte aan sy volk.Aan God kom die lof toe.