1 'n Pelgrimslied.Hulle het my van jongs af swaar verdruk,dit moet Israel sê,
2 hulle het my van jongs af swaar verdruk,maar hulle kon my nie onderkry nie.
3 Hulle het van my rug 'n ploegland gemaaken daar lang vore op getrek.
4 Die Here is regverdig,Hy het die bande losgesnywaarmee die goddeloses my gebind het.
5 Mag almal wat vir Sion haat, self tot niet gaan,
6 mag hulle wees soos gras op 'n dak:dit verdroog nog voor dit behoorlik uitgespruit het
7 en daar is niks om af te snyen in bondels weg te dra nie.
8 Niemand wat daar verbygaan, sal die groet:“Die Here het julle geseën,ons seën julle in die Naam van die Here,”kan uitspreek nie.