1 'n Gedig van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die spelonk. 'n Gebed.
2 Ek roep na die Here om hulp,ek smeek die Here om genade,
3 ek stort my klag voor Hom uiten vertel Hom van my nood.
4 Ek het alle moed verloor,U weet wat ek moes deurmaak.Op die pad waar ek loop,het hulle vir my 'n strik gestel.
5 Ek soek hulp, maar niemand wil help nie,daar is vir my geen vlugkans nieen niemand gee vir my om nie.
6 Ek roep na U om hulp, Here,ek sê: “U is my toevlug,buiten U het ek geen deel in die land van die lewendes nie!
7 Luister tog na my hulpgeroep,want ek is magteloos.Red my van my vervolgers,want hulle is te sterk vir my.
8 Bevry my uit my gevangenskap,dat ek u Naam kan loof.Die regverdiges sal dankbaar om my kom staanwanneer U aan my goed doen.”