1 'n Gedig van Dawid.Neem my in beskerming, o God;ek soek skuiling by U.
2 Ek het vir die Here gesê:“Ek behoort aan U,daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.
3 Die afgode in die land, so aantreklik vir baie —met hulle wil ek niks te doen hê nie.
4 Mag elkeen wat 'n ander god vereer, baie smart beleef.Vir afgode sal ek nie bloedoffers uitgiet nie,hulle name sal ek nie op my lippe neem nie.”
5 Here, U is my lewe, U sorg vir my.Wat ek ontvang, kom alles van U af.
6 'n Pragtige deel is vir my afgemeet,ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.
7 Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het;selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.
8 Ek het die Here altyd by my:omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.
9 Daarom is ek bly en juig eken voel ek my veilig.
10 U gee my nie oor aan die dood nie.U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.
11 U leer my hoe om te lewe.By U is daar oorvloedige blydskap.Uit u hand kom net wat mooi is.