1 Vir die koorleier. 'n Belydenis. 'n Psalm van Dawid.
2 Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my leween nie sondig met wat ek sê nie.Ek wil nie 'n woord praatas 'n slegte mens my teëstaan nie.”
3 Ek was stom en sprakeloos,ek het geswyg, nie gepraat nie,maar my smart het al hoe groter geword.
4 Daar was 'n brandpyn in my,my smart het 'n vuur in my geword.Toe móés ek praat.
5 Maak tog aan my bekend wanneer my einde sal wees, Here,en hoeveel dae daar vir my oor is,sodat ek sal weet wanneer my lewe verby is.
6 Kyk, U het bepaal dat my dae min sal wees,in u oë is my lewensduur byna niks.Ag, alle mense is maar verganklik. Sela
7 Die mens leef soos in 'n droomen hy sloof hom af vir niks.Hy gaar op, maar weet nie wie dit sal kry nie.
8 Is daar nog hoop vir my, Here?U is my enigste hoop.
9 Red my van al my teëstanders,laat my nie die spot van dwase word nie.
10 Ek kla nie, ek maak my mond nie oop nie,want U het dit oor my gebring.
11 Neem tog weg die smart waarmee U my getref het.Die las wat U my opgelê het, laat my krag ingee.
12 As U 'n mens die straf oplê wat sy sonde verdien,verteer U hom soos 'n mot 'n kleed.Ag, alle mense is verganklik. Sela
13 Hoor tog my gebed, Here,luister na my hulpgeroep;moet tog nie koud staan teenoor my trane nie,want ek is net op u beskerming aangewese;U alleen sorg vir my, soos vir al my voorvaders.
14 Neem tog u straf van my weg,dat ek weer bly kan weesvoordat ek heengaan en nie meer daar is nie.