1 “Loof die Here, want Hy is goed,aan sy liefde is daar geen einde nie!”
2 So moet die mense sê wat deur die Here bevry is,dié wat Hy uit hulle nood bevry het
3 en uit baie lande versamel het,uit die ooste en die weste,die noorde en die suide.
4 Party was verdwaal in die woestyn, in 'n barre wêreld,en kon die pad na 'n bewoonde stad nie kry nie.
5 Hulle was honger en dors,hulle was uitgeput,
6 maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulpen Hy het hulle gered uit hulle ellende.
7 Hy het hulle op die regte pad gebringen by 'n bewoonde stad laat uitkom.