3 daar is oorvloed en rykdom in sy huis.Wat hy doen, is reg en blywend:
4 hy laat sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes,hy is genadig, barmhartig en regverdig.
5 Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleenen in al sy sake reg optree.
6 Die regverdige sal nooit wankel nie,hy sal altyd onthou word.
7 Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie,hy is gerus, hy vertrou op die Here.
8 Hy voel hom veilig, hy is nie bevrees nie:hy sal die neerlaag van sy vyande aanskou.
9 Hy gee mildelik vir die armes.Wat hy doen, is reg en blywend.Hy geniet hoë aansien.