1 Toe Israel uit Egipte getrek het,toe die nageslag van Jakob getrek het,weg van die volk met die onverstaanbare taal af,
2 het Juda sy gewyde besit geworden Israel sy magsgebied.
3 Die see het dit gesien en op die vlug geslaan,die Jordaan het teruggedraai,
4 die berge het rondgespring soos ramme,die rante soos lammers.
5 Wat is dit met jou, see, dat jy op die vlug slaan,wat is dit, Jordaan, dat jy terugdraai,
6 berge, dat julle soos ramme rondspring,en julle, rante, soos lammers?
7 Bewe, aarde, as die Here verskyn,as die God van Jakob verskyn,