1 Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie,maar aan u Naam kom die eer toe,want dit is U wat liefde en trou bewys.
2 Waarom sou die heidene kan sê:“Waar is hulle God nou?”
3 En dit terwyl ons God in die hemel is!Alles wat Hy wil, doen Hy.
4 Wat húlle het, is afgode, van silwer en goud,die werk van mensehande.
5 'n Mond het hulle, maar praat kan hulle nie,oë het hulle, maar sien kan hulle nie;
6 ore het hulle, maar hoor kan hulle nie;'n neus het hulle, maar ruik kan hulle nie.
7 Hulle hande, daarmee kan hulle nie voel nie,hulle voete, daarmee kan hulle nie loop nie.Daar kom geen geluid uit hulle keel nie.