111 U verordeninge maak ek altyd my eie,want hulle is vir my 'n vreugde.
112 Ek lê my daarop toe om u voorskrifte altyd uit te voer,tot die einde toe.
113 Ek haat huigelary,maar u wet het ek lief.
114 By U skuil ek, U beskerm my,in u woord stel ek my vertroue.
115 Gaan weg van my af, julle wat onreg doen;ek sal aan die gebooie van my God gehoorsaam bly.
116 Laat my vas staan soos U beloof het, dat ek kan lewe,dat ek nie teleurgestel sal wees in my verwagting nie.
117 Beskerm my, dan sal ek behoue blyen u voorskrifte gedurig voor oë hou.