138 In groot regverdigheid en trou het U u verordeninge uitgevaardig.
139 Ontsteltenis verteer myomdat my teëstanders u woord verontagsaam.
140 U woord is baie suiwer,ek het dit lief.
141 Al is ek gering en verag,u bevele verontagsaam ek nie.
142 U is altyd getrou en regverdig,u wet staan altyd vas.
143 Al oorval angs en benoudheid my,in u gebooie bly ek my verlustig.
144 U verordeninge is altyd regverdig;gee my insig daarin, dat ek kan lewe.