158 Ek het die verraad van die ontroues gesien,en dit het my met walging vervul dat hulle u woord nie gehoorsaam nie.
159 Neem tog in ag dat ek u bevele liefhet, Here, hou my in die lewe omdat U my liefhet.
160 Op u woord kan 'n mens hom geheel en al verlaat.Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas.
161 Maghebbers vervolg my sonder oorsaak,maar u woord is die enigste wat ek vrees.
162 Oor u woord is ek so blysoos iemand wat 'n groot skat in die hande gekry het.
163 Ek haat en verafsku leuens,maar u wet het ek lief.
164 Ek loof U soveel keer elke dag oor u bepalings.Hulle is regverdig.