18 Maak my oë oopdat ek die kragtige werking van u wet ervaar.
19 Hier op aarde is ek net op u beskerming aangewese:laat my tog nie sonder u gebooie wees nie.
20 Ek kwyn weg van verlange na u bepalings.
21 U straf die hovaardiges,die vervloektes wat van u gebooie afwyk.
22 Keer tog dat ek nie beledig of gesmaad word nie,want ek kom u verordeninge na.
23 Selfs al smee mense wat mag het, komplotte teen my,ek sal my hou aan wat U neergelê het.
24 U verordeninge is my vreugde,hulle is my raadgewers.