83 Ek het verskrompel soos 'n velsak in die rook,maar u voorskrifte het ek nie verontagsaam nie.
84 Hoe lank moet ek nog so lewe?Wanneer straf U my vervolgers?
85 Die hovaardiges, wat nie volgens u wet lewe nie,het vir my meer as een keer 'n gat gegrawe om in te val.
86 Op al u gebooie kan ek my verlaat.Help my, want dié mense vervolg my sonder rede.
87 Hulle het my byna van die aarde af laat verdwyn,maar u bevele het ek nie verontagsaam nie.
88 Hou my in die lewe omdat U my liefhet,dan sal ek u onderwysing gehoorsaam.
89 U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.