3 As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here,wie sou dan nog bestaan?
4 Maar by U ís daar vergifnis:daarom word U steeds gedien.
5 Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom,ek wag op die vervulling van sy woord.
6 Ek wag op die Heremeer as wat die wagte op die môre wag,wagte op die môre.
7 Wag op die Here, Israel,want by die Here is daar troue liefde,by Hom is die verlossing seker.
8 Hy alleen sal Israel verlosvan al sy sondes.