2 aan die eed wat hy teenoor die Here afgelê het,sy gelofte aan die magtige God van Jakob:
3 “Ek sal nie in my slaapkamer ingaan nieen nie op die bed wat vir my reggemaak is, gaan lê nie,
4 ek sal my geen slaap gun nie,en sal nie eens insluimer nie,
5 totdat ek 'n plek vir die Here gereed gemaak het,'n woning vir die magtige God van Jakob!”
6 Ons het van die verbondsark gehoor in Efrata,ons het dit gevind in die Jaärsveld.
7 Kom ons gaan sy woning binne,kom ons buig daar in aanbidding voor Hom.
8 Kom na u rusplek toe, Here,U en die ark, die teken van u mag.