10 Hy het baie nasies verslaanen magtige konings laat sneuwel:
11 koning Sihon van die Amoriete,koning Og van Basan,en al die konings in Kanaän.
12 Hy het hulle land as geskenk aan Israel gegee,as geskenk aan sy volk.
13 Here, U is altyd daar,U is daar van geslag tot geslag.
14 Die Here behartig die regsaak van sy volk:Hy ontferm Hom oor sy dienaars.
15 Wat die nasies het, is afgode, van silwer en goud,die werk van mensehande;
16 'n mond het hulle, maar praat kan hulle nie,oë het hulle, maar sien kan hulle nie;