13 Here, U is altyd daar,U is daar van geslag tot geslag.
14 Die Here behartig die regsaak van sy volk:Hy ontferm Hom oor sy dienaars.
15 Wat die nasies het, is afgode, van silwer en goud,die werk van mensehande;
16 'n mond het hulle, maar praat kan hulle nie,oë het hulle, maar sien kan hulle nie;
17 ore het hulle, maar hoor kan hulle nie,hulle haal nie asem nie.
18 Wie hulle maak en op hulle vertrou,sal net soos hulle word.
19 Huis van Israel, loof die Here,huis van Aäron, loof die Here,