19 As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God!Gaan weg van my af, julle moordenaars!
20 Dit is hulle wat bose planne teen U smee,wat so vals teen U optree.
21 Moet ek u haters dan nie haat nie, Here,moet ek nie 'n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie?
22 Ek haat hulle met 'n uiterste haat,want hulle is ook my vyande.
23 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,ondersoek my, sien tog my onrus raak.
24 Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nieen lei my op die beproefde pad!