4 Daar is nog nie 'n woord op my tong nieof U, Here, weet wat dit gaan wees.
5 U omsluit my van alle kante,U neem my in besit.
6 Dié wete oorweldig my,dit is te hoog vir my begrip.
7 Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?
8 Klim ek op na die hemel, is U daar,gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.
9 Vlieg ek na die ooste,of gaan woon ek in die verre weste,
10 ook daar lei u hand my,hou u regterhand my vas.