6 Dié wete oorweldig my,dit is te hoog vir my begrip.
7 Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?
8 Klim ek op na die hemel, is U daar,gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.
9 Vlieg ek na die ooste,of gaan woon ek in die verre weste,
10 ook daar lei u hand my,hou u regterhand my vas.
11 Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek,of die lig rondom my om in nag te verander,
12 maar vir U is selfs die duisternis nie donker nieen die nag so lig soos die dag,duisternis so goed soos lig.