3 wat slegte dinge bedinken elke dag vyandskap aanblaas.
4 Hulle tonge is so giftig soos slange,hulle woorde so venynig soos adders. Sela
5 Hou my uit die mag van die goddeloses, Here,beskerm my teen mense wat geweld wil pleeg,wat planne maak om my uit die pad te kry.
6 Hovaardige mense stel vir my strikke,hulle span toue om my te vang,hulle stel 'n valstrik op my pad. Sela
7 Ek sê vir die Here: U is my God!Here, luister tog na my smeekgebed.
8 O Here my God aan wie ek behoort,my kragtige Redder,U beskerm my wanneer die goddeloses my aanval.
9 Moet tog nie dat hulle hulle sin kry nie, Here,moet tog nie dat hulle planne slaag nie. Sela