1 'n Psalm van Dawid.Ek roep na U, Here, kom tog gou na my toe,luister tog na my, ek roep na U.
2 Mag my gebed voor U wees soos 'n wierookoffer,die uitstrek van my hande soos 'n graanoffer in die aand.
3 Sit 'n wag voor my mond, Here,hou tog wag oor wat ek sê.
4 Hou my gedagtes weg van verkeerde dinge,dat ek nie in sonde vervalsaam met manne wat onreg doen nie,en dat ek nie deelneem aan hulle feeste nie.
5 'n Regverdige kan my in liefde slaan en teregwys,maar van die goddeloses sal ek nie eens gasvryheid aanvaar nie,want my gebede is gedurig teen hulle boosheid gerig.
6 As hulle leiers van 'n krans afgegooi word,sal hulle my hoor sê: “Goed so!”