3 Sit 'n wag voor my mond, Here,hou tog wag oor wat ek sê.
4 Hou my gedagtes weg van verkeerde dinge,dat ek nie in sonde vervalsaam met manne wat onreg doen nie,en dat ek nie deelneem aan hulle feeste nie.
5 'n Regverdige kan my in liefde slaan en teregwys,maar van die goddeloses sal ek nie eens gasvryheid aanvaar nie,want my gebede is gedurig teen hulle boosheid gerig.
6 As hulle leiers van 'n krans afgegooi word,sal hulle my hoor sê: “Goed so!”
7 Soos 'n land vol kluite lê as die ploeër dit oopbreek,so sal hulle bene versprei lê by die bek van die doderyk.
8 Op U, Here my God aan wie ek behoort, is my oë gerig,by U skuil ek, moenie dat my lewe wegkwyn nie.
9 Beskerm my teen die strik wat hulle vir my gestel het,teen die valstrikke van dié wat onreg doen.