1 Van Dawid.Geloof sy die Here, Hy is my rots.Hy leer my hande om oorlog te maak,my vingers om te veg.
2 U is my krag en my skuilplek,my veilige vesting en my redder,my beskermer by wie ek skuil,wat my volk aan my onderdanig maak.
3 Here, wat is 'n mens dat U hom sou wil ken,'n mensekind dat U aan hom sou dink?
4 'n Mens, hoe verganklik is hy tog:sy dae gaan soos 'n skaduwee verby.
5 Buig u hemele, Here, en daal neer,raak die berge aan dat hulle rook!