3 Here, wat is 'n mens dat U hom sou wil ken,'n mensekind dat U aan hom sou dink?
4 'n Mens, hoe verganklik is hy tog:sy dae gaan soos 'n skaduwee verby.
5 Buig u hemele, Here, en daal neer,raak die berge aan dat hulle rook!
6 Laat die weerligstrale blits en jaag die vyande uitmekaar,stuur u pyle en jaag hulle op loop!
7 Strek u hand van bo af uit,bevry my, red my uit die geweldige waters,uit die mag van vreemdelinge
8 wie se woorde en dade leuens en bedrog is.
9 Ek wil tot u eer 'n nuwe lied sing, o God,tot u eer wil ek sing met begeleiding van die lier,