10 Almal wat deur U geskep is, loof U, Here,en u troue dienaars prys U!
11 Hulle vertel van u koninklike magen getuig van u groot krag.
12 Die mense moet weet van sy krag,van sy koninklike mag en majesteit.
13 U koningskap is 'n koningskap vir alle tye,u heerskappy strek oor die geslagte heen.
14 Die Here help almal op wat geval het.Hy ondersteun dié wat bedruk is.
15 Die oë van almal is op U gerig,en U gee hulle kos op hulle tyd.
16 U maak u hand oopen skenk u guns in oorvloed aan al wat leef.