5 Elke stap van my was vasop die koers wat U aangewys het.My voete het nie daarvan afgewyk nie.
6 Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God!Luister tog na my en hoor wat ek sê.
7 Toon u wonderlike trou,U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil.
8 Beskerm my soos die appel van u oog,steek my weg in die skaduwee van u vleuels
9 vir die goddeloses wat my wil oorweldig,die doodsvyande wat my omsingel.
10 Sonder enige meegevoel,met monde wat aanmatigende dinge sê,omsingel hulle my
11 waar ek ook gaan.Hulle soek my ondergang.