3 “Kom ons maak ons vryen gooi hulle juk af!”
4 Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit,die Here spot met hulle.
5 Hy spreek hulle aan in sy toorn,in sy gramskap jaag Hy hulle op loop:
6 “Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion, my heilige berg.”
7 Ek wil vertel wat die Here aangekondig het.Hy het vir my gesê:“Jy is my seun,van vandag af is Ek jou Vader.
8 Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom,die hele aarde as jou besitting.
9 Jy sal hulle verpletter met jou ystersepter,hulle flenters slaan soos 'n kleipot.”