3 Niemand wat sy verwagting in U stel,sal beskaam word nie.Dié wat nie op U vertrou nie,hulle kom in die skande.
4 Maak my u wil bekend, Here,leer my u paaie.
5 Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin,want U is God, my redder.In U stel ek elke dag my verwagting.
6 Dink aan die liefde en trou, Here,wat U van altyd af betoon het.
7 Moet tog nie dink aan die sondes en oortredinge van my jeug nie.Dink aan my in u trou, Here, omdat U goed is.
8 Die Here is goed en regverdig:Hy wys selfs vir sondaars die pad aan,
9 Hy laat aan hulpeloses reg geskieden Hy leer hulle sy pad.