8 Deur u goedheid het U my op 'n veilige berg laat staan, Here.Maar toe U U aan my onttrek het,het ek baie bang geword.
9 Ek het na U geroep, Here.Ek het U om genade gesmeek:
10 “Watter voordeel is daar in my ondergangas ek die graf moet ingaan?Kan stof U loof?Kan dit u trou verkondig?
11 Luister, Here, en wees my genadig!Help my, Here!”
12 Ek was in die rou,maar U het my van vreugde laat dans.U het my rouklere uitgetreken vir my feesklere aangetrek.
13 Daarom sal ek sing tot u eer;ek sal nie stilbly nie.Here my God, vir altyd sal ek U loof!