2 By U, Here, skuil ek.Laat my tog nooit teleurgestel staan nie!Bevry my, want U is getrou.
3 Luister na my, red my tog gou.Wees vir my 'n rots om na toe te vlug,'n bergvesting om my te red.
4 Ja, U is my rots en my bergvesting,ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei.
5 Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het,want U is my toevlug.
6 In u hande gee ek my lewe oor,want, Here, troue God, U het my vrygemaak.
7 Ek haat mense wat waarde heg aan die nikswerd afgode;my vertroue stel ek in die Here.
8 Ek wil jubel en juig oor u troue liefde:U was nie onverskillig teenoor my ellende nie;U het die bedreiging van my lewe raakgesien