21 Deur u teenwoordigheid beskerm U hulle teen die sameswering van mense.U steek hulle weg vir dié wat vir hulle beskuldig.
22 Aan die Here kom die lof toe,want Hy het sy trou op wonderbaarlike wyse aan my betoon toe ek beleër was.
23 Ek het in my angs gedink:Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp.Tog, U het geluister na my gesmeektoe ek na U om hulp geroep het.
24 Betuig julle liefde vir Hom,julle almal wat die guns van die Here geniet.Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is,maar dié wat teen Hom opstandig is,straf Hy swaar.
25 Wees dus sterk en hou goeie moed,julle almal wat julle vertroue in die Here stel.