1 'n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Dié het hom weggejaag en hy het padgegee.
2 Ek sal die Here altyd weer prys,sy lof sal altyd op my lippe wees.
3 Ek sal die roem van die Here sing;dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.
4 Sing saam met my oor die grootheid van die Hereen laat ons saam sy Naam prys.
5 Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord,Hy het my gered uit alle doodsgevare.
6 Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap,hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.