12 Hulle vergeld my kwaad vir goed,hulle gebruik elke geleentheid om my by te kom.
13 En tog, toe húlle siek was,het ek getreur soos oor 'n sterfgeval:rouklere aangetrek en myself gekasty deur nie te eet nie.Ek het sonder ophou vir hulle gebid
14 soos vir 'n vriend of 'n broer.Ek het rondgeloop soos een wat oor sy moeder treur,krom en in die rou.
15 Maar nou dat ek in die moeilikheid is,is dit vir hulle lekker en span hulle saam teen my.Sonder dat ek weet waaroor,skeur hierdie skoorsoekers my uitmekaaren hulle kry nie end nie.
16 Nou dat ek struikel, lag hulle daaroor;nou kom dreig hulle my.
17 Hoe lank, Here, sal U dit duld?Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mensewat my soos leeus bedreig.
18 Dan sal ek U in 'n volle vergadering danken voor die hele gemeente prys.