3 Vat die spies en keer my vervolgers.Laat ek U hoor sê: “Ek red jou!”
4 Laat hulle wat my lewe soek,die slegste daarvan afkom en beskaamd staan.Laat hulle wat my ondergang soek,op die vlug slaan, teleurgestel in hulle verwagting.
5 Laat die Engel van die Here hulle jaag soos kaf voor die wind.
6 Maak hulle pad donker en glibberigen laat die Engel van die Here hulle agtervolg,
7 want hulle het nie rede gehad om vir my 'n strik te stelen vir my 'n gat te grawe nie.
8 Laat hulle einde skielik kom!Laat hulle in hulle eie strik beland!Laat hulle self in die gat val wat hulle gegrawe het!
9 Maar ek sal juig in die Here,ek sal jubel oor die redding wat Hy bring.