1 'n Psalm van Dawid. 'n Herinnering.
2 Moet my tog nie in u toorn bly straf nie, Here,en my langer in u gramskap tugtig nie.
3 U pyle het my getref,u hand lê swaar op my.
4 Deur u toorn is daar nie meer 'n gesonde plek aan my liggaam nie,deur my sonde is daar nie meer 'n heel plek aan my lyf nie.
5 Ja, my ongeregtighede het my oorweldigsoos 'n las wat vir my te swaar is.
6 My wonde stink en sweer,en dít deur my eie dwaasheid.
7 Ek is krom en inmekaar getrek,ek loop die hele dag en treur,