5 Ja, my ongeregtighede het my oorweldigsoos 'n las wat vir my te swaar is.
6 My wonde stink en sweer,en dít deur my eie dwaasheid.
7 Ek is krom en inmekaar getrek,ek loop die hele dag en treur,
8 want my lyf brand van die koorsen daar is nie meer 'n gesonde plek aan my liggaam nie.
9 Ek is gedaan en heeltemal platgeslaan,my hart jaag en ek brul van die pyn.
10 U weet waarna ek smag, Here, my gesmeek is vir U geen geheim nie.
11 My hart jaag, my krag het ingegee,ek kan nie eers meer sien nie.