3 die Here sal hom beskerm en in die lewe hou;die hele land sal praat oor hoe goed dit met hom gaan.U sal hom nie uitlewer aan die wraaksug van sy vyande nie.
4 Die Here sal hom bystaan in sy siekte.As hy siek is, sal U hom genees.
5 Ek het gesê: “Wees my genadig, Here!Maak my tog gesond; ek het teen U gesondig.”
6 My vyande wens my net die ergste toe:“Wanneer gaan hy dood en verdwyn sy naam?”
7 As iemand na my kom kyk, dink hy dis klaar met my.Hy kom kyk hoe sleg dit gaanen gaan vertel dit buite rond.
8 Almal wat my haat, staan en fluister oor my,hulle wens my net die ergste toe:
9 dis 'n dodelike siekte wat hom getref het,waar hy nou daar lê, sal hy nie weer opstaan nie!