5 Ek het gesê: “Wees my genadig, Here!Maak my tog gesond; ek het teen U gesondig.”
6 My vyande wens my net die ergste toe:“Wanneer gaan hy dood en verdwyn sy naam?”
7 As iemand na my kom kyk, dink hy dis klaar met my.Hy kom kyk hoe sleg dit gaanen gaan vertel dit buite rond.
8 Almal wat my haat, staan en fluister oor my,hulle wens my net die ergste toe:
9 dis 'n dodelike siekte wat hom getref het,waar hy nou daar lê, sal hy nie weer opstaan nie!
10 Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het,wat altyd by my geëet het,het my in die rug gesteek.
11 Wees U my genadig, Here, en laat my hier opstaan,dat ek aan hulle kan doen wat hulle aan my gedoen het.