1 Vir die koorleier. 'n Gedig van die Koragiete.
2 Soos 'n wildsbok smag na waterstrome,so smag ek na U, o God.
3 Ek dors na God, na die lewende God.Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?
4 Dag en nag is ek in trane,want sonder ophou sê hulle vir my:“En waar is jou God nou?”
5 As ek my lewe voor my laat verbygaan,dink ek daaraanhoe ek opgetrek het na die woonplek van God,voor 'n skare uit na sy huis toe geloop hetmet gejuig en lofsang — 'n skare wat feesvier.
6 Waarom is ek so in vertwyfelingen waarom kerm ek so?Vertrou op God!Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing.Hy is my helper
7 en my God!Uit my vertwyfeling roep ek na Uhier van die Jordaangebied, van Hermonberg,van die Kleinberg af