1 Vir die koorleier. Van die Koragiete. Op die wysie van “Jong Vroue”. 'n Lied.
2 God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming;Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
3 Daarom is ons nie bang nie,al gee die aarde pad,al skuif die berge tot in die dieptes van die see,
4 al druis en skuim die waters van die see,al skud die berge deur sy onstuimigheid. Sela
5 Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad,in die heilige woning van die Allerhoogste.