4 Almal het afgedwaal,die laaste een het ontaard,daar is niemand wat goed doen nie,selfs nie één nie.
5 Julle wat onreg pleeg,wat my volk opeet asof julle brood eet,en wat weier om God te dien —weet julle dan nie
6 dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur,so vreeslik soos nooit tevore nie?God sal die bene van dié wat teen sy volk wil veg,op die slagveld verstrooi.Sy volk sal hulle op die vlug laat slaan,want God het hulle verwerp.
7 Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom!Wanneer God die lot van sy volk verander,sal Jakob juig, sal Israel bly wees.