12 Daar heers wanorde in die stad,op sy pleine is daar net verdrukking en bedrog.
13 As dit nog my vyand was wat my smaad aangedoen het,sou ek dit kon verdra;as dit 'n teëstander was wat my wou verneder,sou ek hom kon probeer vermy.
14 Maar nou is dit jy, 'n man soos ek,my maat en my goeie vriend.
15 Ons was so nou aan mekaar verbonde;opgewonde het ons saam na die huis van God toe gegaan.
16 Mag die dood my vyande oorval!Mag hulle onverwags neerdaal na die doderyk,want in hulle huise en harte heers daar boosheid.
17 Maar ek roep na God,na die Here wat my sal red.
18 In die aand, in die môre en in die middag,heeldag kla en sug ek,en Hy hoor my roep.