3 Luister na my gebed en antwoord my:my sorge gee my geen rus nie.Ek is hewig ontsteld
4 oor die dreigemente van my vyandeen oor die druk van slegte mense op my.Hulle wil my met onreg breek;verwoed stook hulle vyandskap teen my.
5 My hart krimp inmekaar in my,doodsangs oorval my,
6 vrees en skrik oorweldig my,my hele liggaam bewe.
7 Ek het gedink: ag, as ek maar vlerkesoos 'n duif gehad het,sou ek wegvlieg en 'n woonplek soek;
8 ek sou ver wegvliegen in die woestyn gaan bly; Sela
9 ek sou haastig probeer wegkomvan hierdie onstuimige wind, van hierdie storm af.