7 Hulle lê op die loer en hou my dop,hulle bly op my hakke,so gretig wag hulle op my dood.
8 Moenie dat hulle ongestraf bly vir hierdie vyandigheid nie!Laat u toorn hulle vernietig, o God!
9 My ellende het nie ongemerk by U verbygegaan nie,U het op my trane gelet.In u boek staan hulle opgeteken.
10 Die dag wanneer ek na U roep om hulp,val my vyande terug.Dít weet ek: God is aan my kant.
11 In God, wie se woord ek prys,in die Here, wie se woord ek prys,
12 in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie.Wat kan 'n mens aan my doen?
13 Ek moet my geloftes aan U nakom, o God,ek wil U met dankoffers betaal,