13 oor hulle woorde, die sonde uit hulle mond.Laat hulle gevang word deur hulle hoogmoed,deur die vervloekings wat hulle uitspreek,en die leuens wat hulle praat.
14 Vernietig hulle in u toorn,wis hulle heeltemal uit.Dan sal almal weet dat God oor sy volk Jakob en oor die hele aarde regeer. Sela
15 Hulle kom altyd in die aand terug,hulle grom soos honde en loop in die stad rond.
16 Hulle dwaal rond agter prooi aanen as hulle nie genoeg kry nie, tjank hulle.
17 Maar ék sal sing van u mag,elke môre sal ek jubel oor u trou,want U is vir my 'n veilige vesting,'n skuilplek in tyd van nood.
18 Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte,want U is my veilige vesting,U is my troue God.