4 Die geweldenaars lê my voor om my dood te maak,hulle wil my aanval.Maar ek het nie gesondig nie,ek het nie oortree nie, Here!
5 Ek is onskuldig en tog bestorm hulle my en val hulle my aan.Kom help my tog! Kyk wat doen hulle!
6 U is die Here God, die Almagtige, die God van Israel!Gryp tog in en straf al hierdie vyandige nasies!Moenie genade betoon aan sulke lae verraaiers nie. Sela
7 Hulle kom altyd in die aand terug,hulle grom soos honde en loop in die stad rond.
8 Die skuim staan om hulle bekke,en hulle wys hulle tande,want hulle dink niemand hoor hulle nie.
9 Maar U, Here, U lag hulle uit,U spot met al die nasies!
10 Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte,want U is my veilige vesting!